Numbers 28:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar julle moet 'n vuuroffer as brandoffer aan die HERE bring; twee jong bulle en een ram en sewe jaaroud lammers; hulle moet vir julle sonder gebrek wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle moet dan vir die Here ’n vuuroffer bring. Dit is ’n brandoffer van twee gesonde jong bulle, ’n gesonde ram en sewe gesonde lammers van ’n jaar oud. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar julle moet as vuuroffer, as brandoffer aan die HERE bring: twee jong bulle en een ram en sewe jaaroud lammers; sonder gebrek moet hulle vir julle wees. |
| Afrikaans 1983 | Julle moet vir die Here 'n vuuroffer, 'n brandoffer bring van twee jong bulle, 'n ram en sewe jaaroud lammers, almal sonder liggaamsgebrek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle moet 'n offergawe, 'n brandoffer, vir die Here aanbied: twee jong bulle, een ram en sewe jaaroud ramlammers. Hulle moet sonder gebrek wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet vir die Here 'n vuur-offer gee. Dit is 'n brand-offer van twee bulle, een skaap-ram en sewe jaaroud ram-lammers. Dit moet gesonde diere wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan moet julle vir die Here ’n vuuroffer bring. Dit moet ’n brandoffer wees van twee jong bulle, ’n ram en sewe jaaroud rammetjies wat heeltemal gesond is. |