Numbers 28:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En een bokram as sondoffer aan die HERE moet behalwe die voortdurende brandoffer en sy drankoffer gebring word.
Afrikaans (NLV) 2011 Hierdie offers moet dwarsdeur die jaar op die eerste dag van elke maand gebring word.”
Afrikaans 1933/1953 Ook moet een bokram as sondoffer aan die HERE berei word, behalwe die voortdurende brandoffer en die drankoffer wat daarby behoort.
Afrikaans 1983 Afgesien van die gereelde brandoffer met die drankoffer daarby, moet 'n bokram as sondeoffer vir My gebring word.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Een bokram moet as •reinigingsoffer vir die Here gebring word, naas die gereelde brandoffer en bypassende drankoffer.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet daarmee saam ook 'n bok-ram gee om 'n sonde-offer te wees. Julle moet hierdie offers bring saam met die brand-offers wat julle elke dag moet bring en die drank-offers wat julle saam met die brand-offers moet bring.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Bo en behalwe hierdie offer moet die daaglikse brandoffer met die drankoffer wat daarmee saamgaan, steeds gebring word. Op die eerste dag van die maand moet daar ook ’n bokram as ’n offer vir die volk se sondes vir die Here geoffer word.”