Numbers 28:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle drankoffers moet 'n halwe hin wyn vir 'n bul wees en 'n derde van 'n hin vir 'n ram en 'n vierde van 'n hin vir 'n lam; dit is die brandoffer van elke maand gedurende die maande van die jaar.
Afrikaans (NLV) 2011 Die drankoffer saam met elke bul bestaan uit twee liter wyn, saam met elke ram een en ’n derde liter wyn, en saam met die lammers een liter wyn.
Afrikaans 1933/1953 En hulle drankoffers moet wees 'n half-hin wyn vir 'n bul en 'n derde van 'n hin vir 'n ram en 'n kwart-hin vir 'n lam. Dit is die brandoffer by elke nuwemaan, vir die maande van die jaar.
Afrikaans 1983 Die drankoffer saam met elke bul is twee liter wyn, saam met elke ram een en 'n derde liter en saam met elke lam een liter. Dit is die brandoffer wat deur die jaar elke maand gebring moet word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die bypassende drankoffers is 'n halwe hin wyn vir 'n bul, 'n derde hin vir 'n ram en 'n kwart hin vir 'n ramlam. Dit is die brandoffer met elke nuwemaan, vir al die maande van die jaar.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die drank-offer saam met 'n bul moet 'n halwe hin wyn wees. Die drank-offer saam met 'n ram moet een derde van 'n hin wees, en die drank-offer saam met 'n lam moet 'n kwart hin wees. Dit is die brand-offer wat julle elke maand van die jaar moet bring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die drankoffer wat hierby hoort, is twee liter wyn saam met elke bul, een en ’n half liter saam met die ram en een liter elk vir elke lam. Hierdie brandoffer moet elke maand van die jaar gebring word.