Numbers 28:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | en 'n paar tiendes meel gemeng met olie as spysoffer vir een lam; as 'n brandoffer van lieflike geur, 'n vuuroffer aan die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Saam met elke lam gaan ’n offer van een en ’n half kilogram meel gemeng met olie. Dit is ’n vuuroffer vir die Here, ’n brandoffer waarvan Hy baie hou. |
| Afrikaans 1933/1953 | en een-tiende fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, vir elke lam. Dit is 'n brandoffer, 'n lieflike geur, 'n vuuroffer aan die HERE. |
| Afrikaans 1983 | en saam met elke lam een en 'n half kilogram. Dit is die brandoffer, die vuuroffer, wat deur die Here aanvaar word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n tiende van 'n efa gesifte meel, gemeng met olyfolie, as graanoffer by elke ramlam. Dit is 'n brandoffer met 'n aangename geur, 'n offergawe aan die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Saam met elke lam moet julle 'n koring-offer van een tiende van 'n efa van die beste meel gee wat julle moet meng met olyf-olie. Dit is 'n brand-offer, 'n vuur-offer wat lekker ruik vir die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | en saam met elke lam een kilogram. Dit is ’n brandoffer wat met vuur verbrand word. Dit is vir die Here ’n offer waarvan Hy hou. |