Numbers 28:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) en drie tiendes meel as spysoffer, gemeng met olie, vir een bul; en twee tiendes meel as spysoffer, met olie gemeng, vir een ram;
Afrikaans (NLV) 2011 Saam met elke bul moet julle ’n maaltydoffer bring van vyf kilogram meel gemeng met olie. Saam met elke ram gaan ’n offer van drie kilogram meel met olie gemeng.
Afrikaans 1933/1953 en drie-tiendes van 'n efa fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, vir elke bul, en twee tiendes fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, vir die een ram;
Afrikaans 1983 Saam met elke bul moet julle 'n graanoffer bring van vyf kilogram meel gemeng met olie, saam met elke ram drie kilogram,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) drie tiendes van 'n efa gesifte meel, gemeng met olyfolie, as •graanoffer by elke bul en twee tiendes van 'n efa gesifte meel, gemeng met olyfolie, as graanoffer by elke ram;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Saam met elke bul moet julle 'n koring-offer gee. Die koring-offer is drie tiendes van 'n efa van die beste meel wat julle moet meng met olyf-olie. Saam met die ram moet julle 'n koring-offer van twee tiendes van 'n efa van die beste meel gee wat julle moet meng met olyf-olie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Saam met elke bul moet julle ’n graanoffer van drie kilogram meel wat met olyfolie gemeng is, offer, saam met elke ram twee kilogram