Numbers 27:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die dogters van Selofhad spreek reg: jy moet hulle sekerlik 'n erfdeel gee onder die broers van hulle vader; en jy moet die erfdeel van hulle vader aan hulle laat oorgaan.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wat Selofgad se dogters sê, is reg. Gee vir hulle grond as erfdeel tussen hulle familielede. Hulle moet hulle pa se erflating kry.
Afrikaans 1933/1953 Die dogters van Selofhad praat reg. Jy moet hulle sekerlik 'n erflike besitting onder die broers van hulle vader gee en die erfdeel van hulle vader op hulle laat oorgaan.
Afrikaans 1983 “Selofgad se dogters het gelyk. Jy moet beslis vir hulle hulle eie grond tussen dié van hulle pa se familie gee. Gee vir hulle die grond wat hulle pa sou gekry het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Die dogters van Selofgad se versoek is billik. Jy moet beslis vir hulle onvervreembare erfgrond gee tussen hulle vader se broers. Jy moet hulle vader se erfdeel na hulle laat oorgaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Die dogters van Selofgad praat reg. Jy moet vir elkeen haar eie grond gee tussen haar pa se broers, jy moet dit doen. Jy moet vir hulle die grond gee wat hulle pa sou gekry het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Selofgad se dogters is reg, jy moet vir hulle grond gee tussen hulle familie. Hulle moet die deel erf wat hulle pa sou kry.