Numbers 27:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Waarom moet die naam van ons vader onder sy familie weggedoen word, omdat hy geen seun het nie? Gee dan aan ons 'n besitting onder die broers van ons vader. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hoekom moet ons pa se naam uit sy stam verdwyn net oor hy nie seuns gehad het nie? Julle moet vir ons grond tussen ons familie gee.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Waarom sou die naam van ons vader uit sy geslag weggeneem word, omdat hy geen seun gehad het nie? Gee ons 'n besitting onder die broers van ons vader. |
| Afrikaans 1983 | Waarom moet ons pa se naam uit sy familie verdwyn net omdat hy nie 'n seun gehad het nie? Gee vir ons grond tussen dié van sy familie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Waarom moet ons vader se naam verdwyn uit sy familiegroep omdat hy nie 'n seun gehad het nie? Gee vir ons erfgrond tussen ons vader se broers.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hoekom moet ons pa se naam nou verdwyn uit sy familie? Jy moet vir ons grond gee tussen ons pa se broers.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is mos nie regverdig dat ons pa se naam uit sy familie verdwyn net omdat hy nie seuns gehad het nie. Daarom vra ons dat u vir ons sy grond tussen sy familie sal gee wat hy moes kry.” |