Numbers 27:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ons vader het in die woestyn gesterf, en hy was nie in die bende van die wat teen die HERE vergader het in die bende van Korag nie; maar het in sy eie sonde gesterf en geen seuns gehad nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ons pa het in die woestyn gesterf. Hy het nie seuns gehad nie,” het hulle gesê. “Hy was nie een van Korag se meelopers wat teen die Here in opstand gekom het nie. Hy is dood oor sy eie sonde.
Afrikaans 1933/1953 Ons vader het in die woestyn gesterwe, en hy het nie behoort by die bende van die wat teen die HERE vergader het in die bende van Korag nie, maar hy het om sy sonde ontwil gesterwe en geen seuns gehad nie.
Afrikaans 1983 “Ons pa is in die woestyn dood. Hy was nie een van Korag se bende wat teen die Here saamgesweer het nie. Hy het deur sy eie sondes gesterf en geen seuns gehad nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Ons vader is oorlede in die woestyn. Hy was egter nie onder die bende nie – daardie bende van Korag wat teen die Here saamgespan het. Maar deur sy eie sonde het hy gesterf, en hy het nie seuns gehad nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Ons pa het in die woestyn gesterf. Hy was nie een van die groep wat saam met Korag teen die Here opstandig geword het nie, hy het gesterf omdat hy self sonde gedoen het. Maar hy het nie seuns gehad wat sy grond kan kry nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ons pa,” het hulle gesê, “is in die woestyn dood sonder dat hy ooit seuns gehad het. Hy was nie een van Korag se trawante wat teen die Here in opstand gekom het nie. Hy het as gevolg van sy eie sonde gesterf.