Numbers 27:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En stel hom voor die priester Eleasar en voor die hele vergadering; en gee hom 'n bevel voor hulle oë.
Afrikaans (NLV) 2011 Laat hom voor Eleasar die priester en voor die hele gemeenskap gaan staan. Gee hom dan die opdrag om hulle te lei.
Afrikaans 1933/1953 en stel hom voor die priester Ele sar en voor die hele vergadering, en gee hom 'n opdrag voor hulle oë;
Afrikaans 1983 Laat hom voor die priester Eleasar en voor die hele volk staan en sê vir hom in hulle teenwoordigheid wat sy taak is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Laat hom voor die priester Eleasar staan en voor die hele volksvergadering, en gee hom voor hulle oë sy opdragte.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet hom voor die priester Eleasar en voor die hele volk laat staan en jy moet vir hom sê wat hy moet doen. Hulle moet dit hoor.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) en laat Eleasar en die hele volk hiernatoe kom sodat hulle dit kan sien. Sê dan daar voor hulle almal vir hom wat sy taak gaan wees, en stel hom as jou opvolger en as die volk se nuwe leier aan.