Numbers 27:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want julle was wederstrewig teen my gebod in die woestyn Sin, in die twis van die vergadering, om My te heilig by die water voor hulle oë: dit is die water van Meriba in Kades in die woestyn Sin. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In die Sinwoestyn het julle al twee my bevel verontagsaam. Toe die volk met julle baklei het, het julle nie by die waters van Meriba, by Kades in die Sinwoestyn, vir hulle gewys hoe heilig Ek is nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | omdat julle in die woestyn Sin, toe die vergadering getwis het, teen my bevel wederstrewig gewees het om My by die water voor hulle oë te heilig. Dit is die water van M,riba by Kades, in die woestyn Sin. |
| Afrikaans 1983 | want toe die volk by Meriba in die Sinwoestyn teen My in opstand gekom het, het julle julle teen my bevel verset en My, die Heilige, nie voor die volk gehoorsaam nie.” Dit het gebeur by die Meribawaters by Kades in die Sinwoestyn. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | aangesien julle in die Tsinwoestyn, toe die volksvergadering in opstand was, my bevel om my heiligheid voor hulle oë te erken, verontagsaam het met die gee van water. Dit was by die water van Meriba-Kades in die Tsinwoestyn.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | omdat julle teen My opstandig was in die Sin-woestyn. Toe die volk My beskuldig het, het julle nie met die water vir hulle gewys dat Ek die heilige God is nie.” Dit het gebeur by die Meriba-water, by die stad Kades in die Sin-woestyn. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | want julle twee het mos nie na My geluister daar by Meriba in die Sinwoestyn nie. Dit was mos daar naby Kades dat die volk met julle baklei het, en julle julle teen My verset het.” |