Numbers 27:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as sy vader geen broers het nie, moet julle sy erfdeel gee aan sy bloedverwant wat naas hom van sy geslag is, en hy moet dit in besit neem; en dit moet vir die kinders van Israel 'n insetting van oordeel wees, soos die HERE beveel het Moses. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Indien sy pa dan ook nie broers gehad het nie, moet sy eiendom na die naaste familielede in sy stam gaan.’ Dit is hoe die Here die saak deur Moses wetlik vir die Israeliete bepaal het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En as sy vader geen broers het nie, moet julle sy erfdeel aan sy bloedverwant gee wat naaste aan hom is uit sy geslag, en die moet dit in besit neem. En dit moet vir die kinders van Israel 'n regsinsetting wees, soos die HERE Moses beveel het. |
| Afrikaans 1983 | En as sy pa nie broers gehad het nie, moet julle sy grond vir die naaste bloedverwant uit sy familie gee, dat dié dit kan besit.” Dit moet vir die Israeliete 'n bindende voorskrif bly soos die Here vir Moses beveel het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En as sy vader nie broers het nie, moet julle sy erfdeel vir sy bloedverwant gee wat die naaste aan hom is in sy familiegroep. Hy moet dit dan in besit neem. Dit moet vir die Israeliete 'n wetlike voorskrif wees, soos die Here Moses beveel het.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En as sy pa nie broers gehad het nie, dan moet julle sy grond gee vir die persoon wat sy naaste familie is, sodat dit daardie persoon se grond sal wees. “Dit is wat die Israeliete altyd moet doen.” Die Here het dit vir Moses gesê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As sy pa nie broers gehad het nie, gaan die grond na sy naaste bloedfamilie toe. Hierdie reëling wat Ek vir Moses gegee het, geld vir altyd.” |