Numbers 27:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe kom die dogters van Selofhad, die seun van Hefer, die seun van Gílead, die seun van Magir, die seun van Manasse, uit die geslagte van Manasse, die seun van Josef; en dit is die name van sy dogters; Magla, Noag en Hogla en Milka en Tirsa. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Selofgad se dogters was Magla, Noa, Gogla, Milka en Tirsa. Selofgad was die seun van Gefer, seun van Gilead, seun van Makir, seun van Manasse, seun van Josef. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarna het nader gekom die dogters van Selofhad, die seun van Hefer, die seun van G¡lead, die seun van Magir, die seun van Manasse, van die geslagte van Manasse, die seun van Josef -- dit is die name van sy dogters: Magla, Noa en Hogla en Milka en Tirsa -- |
| Afrikaans 1983 | Die dogters van Selofgad het na Moses toe gekom. Hulle het aan die Manassestam behoort. Selofgad was 'n seun van Gefer, seun van Gilead, seun van Makir, seun van Manasse, seun van Josef. Die dogters was Magla, Noa, Gogla, Milka en Tirsa. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die dogters van Selofgad – hulle name was Magla, Noa, Gogla, Milka en Tirsa, van die Manasse-familiegroep – het na vore getree. Selofgad was die seun van Gefer, seun van Gilead, seun van Magir, seun van Manasse, seun van Josef. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die dogters van Selofgad was van die nageslag van Manasse. Selofgad was die seun van Gefer seun van Gilead seun van Makir seun van Manasse. Die name van die dogters was Magla, Noa, Gogla, Milka en Tirsa. Hulle het nader gekom |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | [1-2] Daar was ’n man met die naam Selofgad. Hy was ’n seun van Gefer, die seun van Gilead, die seun van Makir, die seun van Manasse, die seun van Josef. Selofgad het vyf dogters gehad. Hulle name was Magla, Noa, Gogla, Milka en Tirsa. Op ’n dag het hierdie dogters na Moses en Eleasar toe gekom waar hulle saam met die leiers van die volk en al die ander Israeliete by die tent van die Here in ’n vergadering was. |