Numbers 26:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die seuns van Eliab; Nemuel en Datan en Abiram. Dit is daardie Datan en Abiram, wat bekend was in die vergadering, wat teen Moses en teen Aäron in die bende van Korag gestry het toe hulle teen die HERE gestry het:
Afrikaans (NLV) 2011 en sy seuns was Nemuel, Datan en Abiram. Datan en Abiram was die leiers wat teen Moses en Aäron in opstand gekom het.
Afrikaans 1933/1953 en die seuns van El¡ab was: N,muel en Datan en Ab¡ram. Dit is Datan en Ab¡ram wat na die vergadering opgeroep was, wat getwis het teen Moses en Aäron in die bende van Korag toe daar teen die HERE getwis is.
Afrikaans 1983 en sy seuns was Nemuel, Datan en Abiram. Dit was dié Datan en Abiram wat as leiers deur die vergadering verkies was, maar teen Moses en Aäron in opstand gekom het toe die bende van Korag teen die Here in opstand gekom het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en die seuns van Eliab was Nemuel, Datan en Abiram. Dit is dieselfde Datan en Abiram wat na die volksvergadering opgeroep is, en wat hulle teen Moses en Aäron verset het as deel van die bende van Korag toe dié hulle teen die Here verset het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en die seuns van Eliab was Nemuel, Datan en Abiram. Dit is hierdie Datan en Abiram wat leiers was, die volk het hulle gekies om leiers te wees, en dit was hulle wat saam met die Korag-groep opstandig geword het teen Moses en Aäron. Hulle was ook opstandig teen die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) en sy seuns was Nemuel, Datan en Abiram. Dit was dié Datan en Abiram wat as leiers deur die vergadering verkies was, maar wat saam met Korag en sy trawante teen Moses en Aäron in opstand gekom het.