Numbers 26:64 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar onder hulle was daar nie een van hulle wat Moses en die priester Aäron getel het toe hulle die kinders van Israel in die woestyn Sinai getel het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Nie een van hulle was deel van die Israeliete wat Moses en die priester Aäron voorheen in die Sinaiwoestyn getel het nie.
Afrikaans 1933/1953 En onder hulle was daar niemand van die wat deur Moses en die priester Aäron getel is nie, toe hulle die kinders van Israel in die woestyn Sinai getel het.
Afrikaans 1983 Onder hulle was daar egter niemand van die Israeliete wat deur Moses en die priester Aäron in die Sinaiwoestyn getel is nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Onder hulle was daar egter nie een van dié wat deur Moses en die priester Aäron ingeskryf is toe hulle die Israeliete in die Sinaiwoestyn ingeskryf het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hierdie persone het nog nie gelewe toe Moses en die priester Aäron voorheen die Israeliete in die Sinai-woestyn getel het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) [64-65] Toe hulle na die lyste kyk, was daar nie een van die mans se name daarin wat in die vorige sensus in die Sinaiwoestyn getel is nie. Hulle was reeds almal dood, soos die Here belowe het. Die enigste twee wat oorgebly het, was Jefunne se seun Kaleb en Nun se seun Josua.