Numbers 26:62 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle geteldes was drie en twintig duisend, almal manlik van 'n maand oud en daarbo; want hulle is nie getel onder die kinders van Israel nie, omdat daar geen erfdeel aan hulle gegee is onder die kinders van Israel nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Leviete ouer as ’n maand was in totaal 23 000. Hulle is nie by die res van die Israeliete getel nie. Hulle het ook nie saam met die ander Israeliete grond gekry nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle geteldes was drie en twintig duisend, almal wat manlik was van 'n maand oud en daarbo. Want hulle is nie getel onder die kinders van Israel nie, omdat aan hulle geen erfdeel onder die kinders van Israel gegee is nie. |
| Afrikaans 1983 | Die Leviete van 'n maand en ouer was altesaam 23 000 man. Hulle is nie saam met die ander Israeliete getel nie, want hulle het nie self eiendom onder die Israeliete gekry nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dié wat ingeskryf is van die Leviete, al die manlike persone, een maand en ouer, was 23 000. Hulle is immers nie saam met die Israeliete ingeskryf nie, omdat daar nie vir hulle 'n erfdeel gegee is tussen die Israeliete nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar was 23 000 mans in die Levi-families wat 'n maand oud of ouer was. Moses en Eleasar het hulle nie saam met die ander Israeliete getel nie, want hulle het nie saam met die ander Israeliete grond gekry nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Leviete van ’n maand en ouer was altesaam 23 000 man. Hulle is nie saam met die ander Israeliete in die sensus getel nie, want hulle het mos nie grond as eiendom gekry nie. |