Numbers 26:54 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Aan baie moet jy die meer erfdeel gee, en aan die min sal jy die mindere erfdeel gee; aan elkeen moet sy erfdeel gegee word volgens die wat deur hom getel is.
Afrikaans (NLV) 2011 Gee vir die groter groepe groter eiendom en aan die kleiner groepe kleiner eiendom, elkeen volgens getal.
Afrikaans 1933/1953 Vir die wat baie is, moet jy hulle erfdeel groot maak; en vir die wat min is, moet jy hulle erfdeel klein maak; aan elke stam moet sy erfdeel volgens sy geteldes gegee word.
Afrikaans 1983 aan 'n groot familie 'n groot eiendom en aan 'n klein familie 'n kleiner eiendom. Elkeen moet sy eiendom ontvang ooreenkomstig sy getal.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vir dié wat meer is, moet jy hulle erfdeel vergroot; vir dié wat minder is, moet jy hulle erfdeel verklein. Aan elkeen moet sy erfdeel gegee word volgens die getal van dié wat ingeskryf is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet vir 'n groot familie 'n groter stuk grond gee en vir 'n klein familie 'n kleiner stuk grond. Elke familie moet soveel grond kry soos die getal persone in die familie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gee aan elke stam die grond wat hulle toekom volgens die grootte van die stam.