Numbers 26:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Neem die som van die hele vergadering van die kinders van Israel, van twintig jaar oud en daarbo, volgens hulle families, almal wat in Israel oorlog kan voer.
Afrikaans (NLV) 2011 “Tel almal bo twintig jaar in die gemeenskap van Israel volgens hulle families om te bepaal hoeveel van hulle oorlog kan maak.”
Afrikaans 1933/1953 Neem julle die volle getal van die hele vergadering van die kinders van Israel op, van twintig jaar oud en daarbo, volgens hulle families, almal wat op kommando moet uittrek in Israel.
Afrikaans 1983 “Neem 'n sensus op van die hele volk Israel, van elke Israeliet van twintig jaar en ouer wat vir militêre diens geskik is. Julle moet dit familiegewys doen.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Hou 'n hoofdelike telling van die hele volksvergadering van die Israeliete, twintig jaar en ouer, volgens hulle families, elke weerbare man in Israel.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Julle moet al die Israeliete tel, almal wat 20 jaar oud of ouer is, almal wat oorlog kan maak. Julle moet opskryf uit watter families hulle kom.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Tel nou die hele volk. Julle moet al die mans van elke stam tel wat twintig jaar en ouer is en wat geskik is vir militêre diens.”