Numbers 25:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het agter die man van Israel aan in die tent gegaan en hulle al twee deurgedruk, die man van Israel en die vrou deur haar buik. So is die plaag van die kinders van Israel afgeweer.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het die man agternagesit na sy tent toe. Hy het die spies dwarsdeur die Israeliet en deur die vrou se maag gegooi. Dit het die plaag wat oor Israel gekom het, laat ophou.
Afrikaans 1933/1953 en agter die Israelitiese man aan gegaan in die tent en hulle twee deurboor, die Israelitiese man en die vrou, in haar onderlyf. Daarna het die plaag onder die kinders van Israel opgehou.
Afrikaans 1983 en die man na die vrouetent toe gevolg. Daar het hy die spies deur albei gesteek, deur die man tot in die onderlyf van die vrou. Daarmee het die ramp onder die Israeliete tot 'n einde gekom;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het agter die Israelitiese man in die vrouetent ingegaan, en hy het al twee deurboor, die Israelitiese man en die vrou, tot in haar maag. Die plaag onder die Israeliete het toe opgehou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het die man gevolg tot by die vroue se tent. Hy het die spies deur altwee gesteek, deur die Israelitiese man en deur die maag van die vrou. Daarna het die Here opgehou om die Israeliete te straf, hulle het nie meer gesterf nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) en die twee die tent in gevolg. Daar het hy die spies deur hulle al twee gesteek. Nadat hy dit gedoen het, het die siekte-epidemie waarmee die Here die Israeliete gestraf het, skielik opgehou.