Numbers 25:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En kyk, een van die kinders van Israel het gekom en 'n Midianitiese vrou na sy broers gebring voor die oë van Moses en voor die oë van die hele vergadering van die kinders van Israel, wat voor die ingang van die tent van Israel geween het as 'n gemeente.
Afrikaans (NLV) 2011 Terwyl Moses en die gemeenskap nog so by die ingang van die tabernakel gestaan en huil het, het ’n man uit Israel openlik daar aangekom met ’n vrou uit Midian.
Afrikaans 1933/1953 En daar het 'n man gekom, een uit die kinders van Israel, en 'n Midianitiese vrou na sy volksgenote gebring, voor die oë van Moses en voor die oë van die hele vergadering van die kinders van Israel, terwyl hulle ween by die ingang van die tent van samekoms.
Afrikaans 1983 Onder dit alles het 'n Israelitiese man tog nog 'n Midianitiese vrou tussen sy familie in gebring. Hy het dit gedoen voor die oë van Moses en die hele gemeente van Israel wat by die ingang van die tent van ontmoeting gestaan en huil het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Juis toe kom 'n Israelitiese man en bring 'n Midianitiese vrou na sy volksgenote – en dit voor die oë van Moses en die hele volksvergadering van die Israeliete, terwyl hulle by die ingang van die •Tent van Ontmoeting staan en huil.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar het een van die Israelitiese mans gekom en hy het 'n Midianitiese vrou saamgebring na sy familie toe. Moses en die hele volk het dit gesien en hulle het gestaan en huil by die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses en ’n klomp Israeliete was juis besig om by die ingang van die tent waar die Here aanbid word, te staan en huil oor alles wat gebeur het, toe ’n Israelitiese man ewe onbeskaamd met ’n Midianitiese vrou daar aankom. Hy is saam met haar in sy tent in waar almal dit kon sien.