Numbers 25:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die HERE vir Moses: Neem al die hoofde van die volk en hang hulle op voor die aangesig van die HERE teen die son, sodat die toorngloed van die HERE van Israel afgewend kan word.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het vir Moses opdrag gegee: “Kry al die leiers van die volk bymekaar. Hang hulle in die helder dag by die tabernakel op sodat die Here se woede kan bedaar.”
Afrikaans 1933/1953 Toe sê die HERE vir Moses: Neem al die hoofde van die volk en hang die oortreders op in die volle son vir die HERE, sodat die toorngloed van die HERE van Israel afgewend kan word.
Afrikaans 1983 en Hy het vir Moses gesê: “Vat hierdie manne se leiers en hang hulle in die openbaar voor die heiligdom op. Dan sal my toorn nie langer teen Israel woed nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het vir Moses gesê: “Neem al die leiers van hierdie mense en hang hulle in die son aan pale, vir die Here, sodat die brandende toorn van die Here van Israel afgeweer word.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en Hy het vir Moses gesê: “Jy moet al die leiers van die mense vat en jy moet hulle voor die tempel-tent in die son ophang, dan sal Ek weer goed word vir die Israeliete.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het vir Moses gesê: “Vat al die leiers van hierdie mans en hang hulle buite voor my woonplek op. Dan sal my woede bedaar.”