Numbers 25:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het die volk geroep na die offers van hulle gode, en die volk het geëet en voor hulle gode neergebuig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hierdie vroue het die volk uitgenooi om saam met hulle offers vir hulle gode te bring. Die volk het saam met hulle geëet en die gode van Moab aanbid. |
| Afrikaans 1933/1953 | die het die volk na die offers van hulle gode uitgenooi; en die volk het geëet en hulle neergebuig voor hulle gode. |
| Afrikaans 1983 | Dit het gebeur toe die mans deur die Moabitiese vrouens uitgenooi is na die offers ter ere van hulle gode. Die mans het aan die offermaaltye deelgeneem en die gode van die vrouens aanbid. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die vroue het die volk na die offers van hulle gode genooi, en die volk het van die offers geëet en voor hulle gode in aanbidding gebuig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die meisies het die Israeliete uitgenooi na die offers vir hulle gode, en die Israeliete het saam met hulle geëet en gebuig vir die gode van die Moabitiese meisies. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierdie vroue het hulle uitgenooi om die offerfeeste ter ere van hulle afgode by te woon. Hulle het gegaan en saam met hulle geëet en hulle gode aanbid. |