Numbers 25:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want hulle pla jou met hul luste waarmee hulle jou bedrieg het in die saak van Peor en in die saak van Kosbi, die dogter van 'n prins van Midian, hulle suster, wat ter wille van Peor op die dag van die plaag gedood is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | oor die optrede van Kosbi, die dogter van die Midianitiese leier. Dis sy wat doodgemaak is toe die plaag oor Peor julle getref het. Die Midianiete het julle mislei en onder valse voorwendsels oorreed om Baäl-Peor te aanbid.” |
| Afrikaans 1933/1953 | want hulle het julle as vyand behandel deur hulle liste wat hulle teen julle bedink het in die saak van Peor en in die saak van Kosbi, die dogter van die vors van M¡dian, hulle landgenoot, wat op die dag van die plaag weens Peor verslaan is. |
| Afrikaans 1983 | omdat hulle vyandig opgetree het teen julle. Hulle het julle verlei deur julle in die strik te laat trap van Baäl-Peor en van hulle landgenoot Kosbi, 'n Midianitiese stamhoof se dogter wat doodgemaak is toe die ramp julle oor Peor getref het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | want hulle het teenoor julle vyandig opgetree deur die slinkse planne wat hulle teen julle gesmee het in die saak van Peor en in die saak van Kosbi, hulle landgenoot, die dogter van die Midianitiese leier – sy wat doodgemaak is op die dag van die plaag wat gevolg het op die gebeure by Peor.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | want hulle het julle vyande geword en hulle het julle verlei om vir Baäl-Peor te dien en toe Kosbi, die Midianitiese vrou, die Israelitiese man verlei het. Kosbi was die dogter van 'n leier van die Midianiete. Pinehas het haar doodgemaak op dieselfde dag toe baie Israeliete gesterf het omdat hulle vir Baäl-Peor gedien het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | want kyk hoe het hulle julle mislei om Baäl-Peor te aanbid en sondes te doen soos dié met Kosbi, die Midianitiese stamhoof se dogter, wat doodgemaak is op die dag toe die epidemie opgehou het.” |