Numbers 25:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die naam van die Midianitiese vrou wat gedood is, was Kosbi, die dogter van Sur; hy was hoof oor 'n volk en van 'n hoofhuis in Mídian. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Midianitiese vrou wat doodgemaak is, se naam was Kosbi, die dogter van Sur, een van die leiers van die Midianiete. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die naam van die Midianitiese vrou wat verslaan is, was Kosbi, die dogter van Sur. Hy was stamhoof van 'n familie in M¡dian. |
| Afrikaans 1983 | Die Midianitiese vrou wat doodgemaak is, was Kosbi dogter van Sur, 'n stamhoof van Midian. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die naam van die Midianitiese vrou wat doodgemaak is, was Kosbi, dogter van Sur. Hy was die stamhoof van 'n familie in Midian. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Midianitiese vrou wat gesterf het, was Kosbi dogter van Sur. Haar pa was 'n stamhoof van die Midianiete. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Midianitiese vrou wat doodgemaak is, se naam was Kosbi, die dogter van Sur, wat ’n stamhoof van Midian was. |