Numbers 25:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Pínehas, die seun van Eleásar, die seun van die priester Aäron, het my toorn van die kinders van Israel afgewend, terwyl hy om My ontwil onder hulle geywer het, sodat Ek die kinders van Israel in my ywer nie verteer het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die priester Pinehas, seun van Eleasar, die seun van Aäron, het my woede van die Israeliete af weggevat toe hy my eer onder hulle beskerm het. Dit het verhoed dat Ek die Israeliete ter wille van my Naam voor die voet uitgewis het.
Afrikaans 1933/1953 P¡nehas, die seun van Ele sar, die seun van die priester Aäron, het my grimmigheid van die kinders van Israel afgewend deurdat hy my ywer onder hulle geywer het, sodat Ek die kinders van Israel in my ywer nie verteer het nie.
Afrikaans 1983 “Pinehas seun van Eleasar, seun van die priester Aäron, het my toorn teen Israel laat ophou deurdat hy vir my eer opgekom het. Dit was nie nodig dat Ek self vir my eer moes opkom en die Israeliete vernietig nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Pinehas, seun van Eleasar, seun van die priester Aäron, het my woede van die Israeliete weggekeer deurdat hy onder hulle sy ywer getoon het vir my heilige jaloesie, sodat Ek nie die Israeliete in my heilige jaloesie vernietig het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Pinehas seun van Eleasar seun van die priester Aäron het daardie man en vrou doodgemaak, nou is Ek nie meer kwaad vir die Israeliete nie. Ek was kwaad omdat hulle ontrou was, en Pinehas was ook kwaad daaroor, soos Ek. Dit is nou nie meer nodig dat Ek self kwaad bly en hulle almal doodmaak omdat hulle ontrou was nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Dit is as gevolg van Pinehas se optrede dat Ek nie meer vir julle kwaad is nie. Hy het geweier dat my eer aangetas word en dat die volk ’n ander god aanbid. Daarom het Ek nie die volk vernietig soos Ek wou nie.