Numbers 24:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het gaan lê, hy gaan lê soos 'n leeu en soos 'n groot leeu; wie sal hom opwek? Geseënd is hy wat jou seën, en vervloek is hy wat jou vervloek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy buk en gaan lê soos ’n leeumannetjie. Hy is soos ’n leeu; niemand kan hom teenstaan nie. Elkeen wat jou seën, is geseënd. Elkeen wat jou vervloek, is vervloek.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy buig hom, hy gaan lê soos 'n leeu en soos 'n leeuin: wie sal hom opjaag? Geseënd is hulle wat jou seën, en vervloek is hulle wat jou vervloek! |
| Afrikaans 1983 | Hy buig sy knieë en gaan lê soos 'n leeu, soos 'n leeumannetjie; wie sal hom opjaag? Geseën is hulle wat jou seën, vervloek is hulle wat jou vervloek.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy hurk, gaan lê soos 'n leeu, ja, soos 'n leeuwyfie. Wie sal hom opjaag? Geseënd is hulle wat jou seën. Vervloek is hulle wat jou vervloek.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete is soos 'n leeu. Wie sal 'n leeu opjaag as hy gaan lê het? Israeliete, die Here seën die mense wat vir julle seën, en Hy vervloek die mense wat vir julle vervloek.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Israel is soos ’n leeu wat gaan lê het om te rus. Wie waag dit om so ’n leeu op te jaag? Gelukkig is elkeen wat jou seën, o Israel, en vervloek is elkeen wat jou vervloek! Die Here sal hulle straf.” |