Numbers 24:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | God het hom uit Egipte uitgelei; hy het die krag van 'n eenhoring; hy sal die nasies sy vyande opeet en hulle gebeente verbreek en hulle met sy pyle deurboor. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | God het hom uit Egipte bevry met die krag van ’n bul. Nasies wat vyandig is teen hom, dié verslind hy. Hy vergruis hulle bene en skiet sy pyle op hulle af. |
| Afrikaans 1933/1953 | God wat hom uit Egipte uitgelei het, is vir hom soos die horings van 'n buffel; hy sal nasies, sy vyande, verteer en hulle gebeente stukkend breek en met sy pyle verbrysel. |
| Afrikaans 1983 | God het hulle uit Egipte laat trek, sy krag is vir hulle soos die horings van 'n buffel. Israel vernietig die nasies wat hom teëstaan, hy breek hulle bene stukkend, hy deurboor hulle met pyle. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | God wat hom uit Egipte uitgelei het, is soos die horings van 'n buffel vir hom. Israel verslind nasies, sy teenstanders; aan hulle beendere knaag hy; met sy pyle verpletter hy. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God het hulle uit Egipte gebring, Hy is vir hulle soos die horings van 'n oer-os. Hulle sal die volke oorwin wat hulle vyande is, hulle sal die vyande se bene breek en hulle sal die vyande met pyl en boog skiet. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “God het hulle uit Egipte uit laat trek en Hy veg vir hulle met sy reusekrag wat g’n gelyke het nie. Die Israeliete vee hulle vyande voor hulle weg en breek hulle bene en hulle pyle in stukkies. |