Numbers 24:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy sal die water uit sy emmers gooi, en sy saad sal in baie waters wees, en sy koning sal hoër wees as Agag, en sy koninkryk sal verhewe wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Water vloei uit sy houers, sy nageslag is by oorvloedige waters. Sy koning is beroemder as Agag. Sy koninkryk gaan van krag tot krag.
Afrikaans 1933/1953 Water vloei uit sy emmers, en sy saad is by baie waters. En laat sy koning hoër wees as Agag, en sy koninkryk hom verhef!
Afrikaans 1983 Israel se waterkruike loop oor, hy saai waar oorvloed water is. Sy koning is sterker as Agag en sy koninkryk groei steeds.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Water loop uit Israel se leersak; sy saad kry oorvloedig water. Sy koning styg uit bo Agag, en sy heerskappy sal verhewe wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Israeliete se waterkruike loop oor, hulle saai koring by baie water. Hulle koning is sterker as koning Agag, en hulle land word altyd groter.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Hulle het reën in oorvloed, daar is oorgenoeg water vir gesaaides. Hulle koning is belangriker as Agag en sy koninkryk sal oral bekend wees.