Numbers 24:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Soos die valleie uitgesprei is, soos tuine langs die rivier, soos die aalwynbome wat die HERE geplant het, en soos sederbome langs die waters. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is uitgestrek soos ’n vallei, soos ’n tuin langs ’n stroom, soos aalwyne wat die Here geplant het, soos sederbome langs die water. |
| Afrikaans 1933/1953 | Soos dale met waterlope wat hulle ver uitstrek, soos tuine by 'n rivier, soos alewees wat die HERE geplant het, soos seders by die water. |
| Afrikaans 1983 | Hulle lyk soos uitgestrekte valleie, soos tuine aan 'n rivier, soos aalwyne wat deur die Here geplant is, soos sederbome by die water. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Soos palmbome is hulle uitgesprei, soos tuine langs 'n rivier, soos adelhout wat die Here geplant het, soos seders langs water. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle lyk soos lang valleie, soos tuine langs 'n rivier, soos aalwyne wat die Here geplant het, soos sederbome langs die water. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit lyk soos lanings palmbome, soos ’n tuin langs ’n rivier. Soos rye aalwyne wat deur die Here geplant is of sederbome wat by waterryke plekke groei. |