Numbers 24:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy het gesê, wat die woorde van God gehoor het, wat die gesig gesien het van die Almagtige, wat in 'n beswyming verval het, maar sy oë oop het:
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het God se woorde gehoor. Hy het ’n gesig van die Allerhoogste gesien. Hy val neer op die grond met sy oë wawyd oop.
Afrikaans 1933/1953 Die hoorder van die woorde van God spreek, hy wat die gesigte van die Almagtige sien, wat neerval en geopende oë het.
Afrikaans 1983 die openbaring aan een wat die woorde van God hoor, wat sien wat die Almagtige hom laat sien, wat in gebed neerval, en sy oë word geopen:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) die uitspraak van hom wat die woorde van God hoor, hy wat die Almagtige se visioene sien, wat neerval met geopende oë,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek is 'n man wat hoor wat God vir my sê, en wat sien wat die Almagtige vir my wys. Wanneer ek gaan lê en ek bid, dan wys God vir my dinge.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is hy wat die Almagtige in ’n visioen sien met sy oë wawyd oop en wat voor Hom in gebed neerval. “Hierdie is sy woorde: