Numbers 24:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hy Amalek aanskou, het hy sy gelykenis opgeneem en gesê: Amalek was die eerste van die nasies; maar sy einde sal wees dat hy vir ewig vergaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Bileam het na Amalek gekyk en hierdie boodskap oor hom gebring: “Amalek was die grootste onder die volke. Sy einde is om vernietig te word.”
Afrikaans 1933/1953 Toe hy Amalek sien, het hy sy spreuk aangehef en gesê: Amalek is die eersteling van die heidene, maar sy einde is ondergang.
Afrikaans 1983 Bileam het ook vir Amalek gesien en met hierdie uitspraak gekom: “Amalek is die eerste onder die nasies, maar ondergang wag hom in.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Bileam het Amalek gesien, sy orakelspreuk aangehef en gesê: “Die vernaamste onder die nasies is Amalek, maar sy uiteinde is ondergang.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe kyk Bileam na die Amalekiete, en hy begin weer praat en hy sê: “Die Amalekiete was die belangrikste volk, maar eendag sal hulle vir altyd verdwyn.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Bileam het ook ’n woord vir die Amalekiete gehad: “Amalek was die magtigste nasie van almal, maar sy vernietiging is voor die deur.”