Numbers 24:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe Bíleam sy oë opslaan, sien hy Israel in sy tente sien bly volgens hulle stamme; en die Gees van God het oor hom gekom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar het hy gesien hoe Israel volgens hulle stamme staan. Die Gees van God het toe oor hom gekom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe B¡leam sy oë opslaan en Israel sien soos hy volgens sy stamme in die laer staan, het die Gees van God op hom gekom. |
| Afrikaans 1983 | en toe hy opkyk en die stamme van Israel langs mekaar sien woon, het die Gees van God oor hom gekom, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Bileam rondkyk en Israel sien, tydelik gevestig volgens sy stamme, het die Gees van God oor hom gekom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en toe hy sien dat elke stam van Israel op sy eie plek langs die ander stamme woon, het die Gees van God in hom gekom |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe hy die Israeliete se kamp so voor hom sien met al die stamme so bymekaar, het God se Gees oor hom gekom, |