Numbers 24:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek sal hom sien, maar nie nou nie; Ek sal hom aanskou, maar nie naby nie; daar sal 'n ster uit Jakob kom, en 'n septer sal uit Israel opgaan en die uithoeke van Moab tref en al die kinders van Sheth. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sien iets, maar dis nie onmiddellik nie. Ek sien hom, maar hy is nog nie naby nie. ’n Ster kom uit Jakob. ’n Septer kom uit Israel. Hy verpletter Moab se voorkop. Hy verwoes sy opstandige nageslag. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek sien hom, maar nie nou nie, ek aanskou hom, maar nie naby nie: 'n ster kom te voorskyn uit Jakob, en 'n septer kom uit Israel op, en hy verbrysel die slape van die hoof van Moab en werp al die oorlogsugtiges omver. |
| Afrikaans 1983 | Ek sien hom, maar hy kom nie nou al nie, ek kyk na hom, maar hy is nie naby nie, daar kom 'n ster uit Jakob, daar staan 'n heerser in Israel op. Hy verpletter die voorkop van Moab, hy vernietig al die opstandiges. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | ‘ Ek sien hom, maar dit is nie nou nie, ek neem hom waar, maar hy is nie naby nie. 'n Ster uit Jakob tree na vore, 'n heerserstaf uit Israel verskyn; hy verbrysel die slape van Moab, en vernietig al die kinders van Set. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sien iemand kom, maar nie nou nie, Ek sien hom, maar hy is nie naby nie. Daar sal 'n ster uit die volk Israel kom, 'n koning sal uit die Israeliete kom, en hy sal trap op die grense van die land Moab, hy sal die nageslag van Set verwoes. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ek sien die toekoms, en ek sien die volk Israel. Daar sal ’n koning uit hierdie volk gebore word en hy sal soos ’n ster wees wat helder skyn. Hy sal Moab se leiers verslaan en Set se mense vernietig. |