Numbers 24:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het sy gelykenis opgeneem en gesê: Bíleam, die seun van Beor, het gesê, en die man wie se oë oop is, het gesê: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het toe die volgende boodskap gebring: “So sê Bileam, die seun van Beor, ’n man wie se oë oopgegaan het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het hy sy spreuk aangehef en gesê: B¡leam, die seun van Beor, spreek, en die man met geopende oog spreek. |
| Afrikaans 1983 | Bileam het toe met hierdie uitspraak gekom: “Die openbaring aan Bileam seun van Beor, die openbaring aan 'n man wie se oë geopen is, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het sy orakelspreuk aangehef en gesê: “Die uitspraak van Bileam, seun van Beor, ja, die uitspraak van die man met die geopende oog, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Bileam het toe begin praat en gesê: “Dit is Bileam seun van Beor wat praat, God wys vir my dinge. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierdie is wat Bileam die seun van Beor gesien het nadat die Here sy oë oopgemaak het. |