Numbers 24:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As Balak vir my sy huis vol silwer en goud wou gee, kan ek nie verder gaan as die bevel van die HERE om goed of sleg te doen in my eie verstand nie; maar wat die HERE sê, dit sal Ek spreek? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ‘Al gee Balak vir my sy paleis vol silwer en goud, ek kan nie enigiets anders sê as wat die Here vir my gee nie, of dit nou goed of kwaad is.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | Al gee Balak my sy huis vol silwer en goud, ek kan die bevel van die HERE nie oortree om goed of kwaad uit my eie hart te doen nie; wat die HERE spreek, dit sal ek spreek. |
| Afrikaans 1983 | ‘Selfs al gee Balak vir my sy paleis vol silwer of goud, mag ek niks doen, goed of kwaad, teen die opdrag van die Here in nie. Ek kan net sê wat die Here vir my voorsê.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | ‘Selfs al gee Balak vir my sy paleis vol silwer en goud, kan ek nie teen die bevel van die Here ingaan deur enigiets, goed of kwaad, uit my eie te doen nie. Wat die Here sê, dit sal ek sê.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | ‘Ek moet altyd doen wat die Here vir my sê, ook as Balak vir my sy huis vol silwer en goud gee. Ek kan niks self besluit nie, nie goed of sleg nie. Ek sal net sê wat die Here vir my sê.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Selfs al sou Balak vir my sy paleis vol silwer en goud gee, kan ek nog steeds net doen wat die Here my God my toelaat. Niks anders as dit nie. |