Numbers 24:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Balak se toorn het teen Bíleam ontvlam, en hy het sy hande teen mekaar geslaan; en Balak het vir Bíleam gesê: Ek het jou geroep om my vyande te vervloek, en kyk, jy het hulle al drie maal geseën. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Balak het toe woedend geword vir Bileam. Hy het sy hande teen mekaar geklap en vir hom geskreeu: “Ek het jou laat kom om my vyande te vervloek. Dit is nou al drie maal dat jy hulle geseën het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het Balak baie kwaad geword vir B¡leam en sy hande saamgeslaan, en Balak het aan B¡leam gesê: Ek het jou laat roep om my vyande te vloek, en kyk, jy het nou al drie maal net geseën! |
| Afrikaans 1983 | Balak was toe baie kwaad vir Bileam. Hy het sy hande afwerend voor hom gehou en vir Bileam gesê: “Ek het jou laat kom om my vyande te vervloek, en jy het hulle nou al drie keer geseën. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Balak het kwaad geword vir Bileam. Hy het sy handpalms teen mekaar geslaan en vir Bileam gesê: “Om my vyande te vervloek, is waarvoor ek jou laat roep het; en kyk, jy het hulle nou al drie keer net geseën. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Balak was baie kwaad vir Bileam. Hy het sy hande teen mekaar geslaan en hy het vir Bileam gesê: “Ek het jou laat roep om my vyande te vervloek, maar jy het hulle nou drie maal geseën. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Teen dié tyd was Balak al woedend vir Bileam. Hy het sy vuiste in die lug voor hom geswaai en gesê: “Wat dink jy doen jy? Ek het jou laat kom om my vyande te vervloek, maar jy het hulle nou al drie keer na mekaar geseën! |