Numbers 24:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Bíleam sien dat dit die HERE behaag het om Israel te seën, het hy nie soos die vorige kere gegaan om towerye te soek nie, maar hy het sy aangesig na die woestyn gerig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Bileam het toe begin insien dat die Here eerder vir Israel wil seën. Hy het nie aangegaan om soos gewoonlik na voorspellings te soek nie. Hy het na die woestyn toe gedraai. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe B¡leam sien dat dit goed was in die oë van die HERE om Israel te seën, het hy hom nie soos die vorige kere tot towery gewend nie, maar sy gesig na die woestyn gedraai. |
| Afrikaans 1983 | Bileam het nou al geweet dat die Here vir Israel wil seën, en daarom het hy nie soos die vorige kere 'n voorteken gaan soek nie. Hy het na die woestyn toe gedraai |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Bileam het egter gesien dat dit goed is in die oë van die Here om Israel te seën. Hy het nie soos die vorige kere na voortekens vir voorspellings gaan soek nie. Hy het sy gesig na die woestyn gedraai. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Bileam het nou geweet dat die Here wil hê hy moet die Israeliete seën, en hy het nie soos voorheen gesoek na 'n teken nie. Hy het na die woestyn gekyk |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Teen hierdie tyd het Bileam besef dat die Here die Israeliete wil seën met sy goedheid. Daarom het hy nie soos die vorige kere eenkant toe gegaan om te hoor of die Here iets anders wil sê nie. Al wat hy gedoen het, was om om te draai en na die woestyn se kant toe te kyk. |