Numbers 23:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want van die top van die rotse af sien ek hom, en van die heuwels af aanskou ek hom; kyk, die volke sal alleen woon en nie onder die nasies gereken word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sien hulle van bo van die kranse af. Bo van die heuwels af hou ek hulle dop. Ek sien ’n volk wat op hulle eie is, wat by die nasies nie getel word nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want van die top van die rotse af sien ek hom, en van die heuwels af aanskou ek hom. Kyk, 'n volk wat afgesonderd woon en hom nie tot die nasies reken nie. |
| Afrikaans 1983 | “Hier van die hoë rotse af sien ek vir Israel, van die hoogtes af kyk ek na hom! Ek sien 'n volk wat op sy eie woon en hom van die nasies afsonder. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, bo van die rotse af sien ek hulle, en vanaf die heuwels neem ek hulle waar. Kyk, dit is 'n volk wat afgesonderd woon; onder die nasies reken hy homself nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want ek is hier bo-op die rotse en ek sien die volk van hier bo af, ek kyk van die heuwels af na hulle. Hier is 'n volk wat alleen woon, hulle woon nie saam met ander volke nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hier van die bergtop af kyk ek af op Israel. Ek sien ’n volk wat op hulle eie woon, weg van die ander nasies af. |