Numbers 23:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hoe kan ek vloek wat God nie vervloek het nie? of hoe sal ek vir wie die HERE nie uitgedaag het nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hoe kan ek hulle vervloek vir wie God nie vervloek het nie? Hoe kan ek ondergang voorspel vir hulle vir wie die Here dit nie gedoen het nie? |
| Afrikaans 1933/1953 | Hoe sal ek vloek wie God nie vloek nie? En hoe sal ek verwens vir wie die HERE nie verwens nie? |
| Afrikaans 1983 | Maar hoe kan ek hóm vervloek vir wie God nie vervloek nie, hoe kan ek 'n ramp oor hóm aankondig as die Here dit nie aangekondig het nie? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hoe kan ek vervloek vir wie God nie vervloek nie? En hoe kan ek verwens vir wie die Here nie verwens nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar as die Here nie die volk vervloek nie, dan kan ek ook nie vir hulle vervloek nie. Die Here het nie gesê dat dit sleg moet gaan met hulle nie. Kan ék dan sê dat dit sleg moet gaan met hulle? Nee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar hoe kan ek mense vervloek wat God nie vervloek nie? Hoe kan ek ’n ramp aankondig as die Here dit nie aangekondig het nie? |