Numbers 23:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het sy gelykenis opgeneem en gesê: Balak, die koning van Moab, het my uit Aram, uit die gebergte van die ooste, gebring en gesê: Kom, vervloek Jakob vir my, en kom, tart Israel.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het die boodskap oorgedra: “Van Aram af het Balak my laat kom. Die koning van Moab het my laat kom vanaf die berge in die ooste. Hy het gesê: Kom! Kom vervloek Jakob vir my! Kom kondig Israel se ondergang aan!
Afrikaans 1933/1953 En hy het sy spreuk aangehef en gesê: Uit Aram laat Balak my haal, die koning van Moab -- uit die berge van die Ooste: Kom vervloek Jakob vir my, en kom, verwens Israel.
Afrikaans 1983 Toe kom Bileam met hierdie uitspraak: “Uit Aram het Balak my laat kom, die koning van Moab het my laat kom uit die berge in die ooste. ‘Kom,’ het hy gesê, ‘vervloek Jakob vir my; kom, kondig 'n ramp aan oor Israel.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Bileam het sy orakelspreuk aangehef en gesê: “Uit Aram laat hy my haal, Balak, die koning van Moab, uit die bergland in die ooste. ‘Kom vervloek vir my Jakob, kom verwens Israel.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En toe begin Bileam praat. Hy het gesê: “Balak het my laat kom van die land Aram, van die berge in die ooste. Hy het gesê: ‘Kom vervloek die nageslag van Jakob vir my, kom sê dat dit sleg moet gaan met Israel.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe sê Bileam vir hulle: “Balak het my van Aram af laat kom. Die koning van Moab het my van die berge van die ooste af laat haal. ‘Kom vervloek Jakob,’ het hy gesê. ‘Kondig ’n ramp aan oor Israel.’