Numbers 23:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, die volk sal opstaan soos 'n groot leeu en homself verhef soos 'n jong leeu; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die volk staan op en rek hom uit soos ’n leeu. Hy gaan nie lê voor hy sy prooi opgevreet het nie, voor hy die bloed gedrink het van die een wat hy gevang het nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, 'n volk wat opstaan soos 'n leeuin, en soos 'n leeu verhef hy hom. Hy gaan nie lê voordat hy roof eet en die bloed van die wat verslaan is, drink nie. |
| Afrikaans 1983 | Dit is 'n volk wat soos 'n leeumannetjie opstaan, wat hom uitrek soos 'n leeu, en nie weer gaan lê voordat hy sy prooi verskeur het en sy slagoffers se bloed gedrink het nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | ‘Kyk, 'n volk staan op soos 'n leeuwyfie, soos 'n leeu kom hy orent. Hy gaan lê nie totdat hy sy prooi verslind het nie, die bloed van wat doodgemaak is, nie gedrink het nie.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hier is 'n volk wat opstaan soos 'n leeu, wat gereedstaan soos 'n leeu, wat nie gaan lê voordat hy iets gevang en geëet het nie, hy gaan lê nie voordat hy die bloed gedrink het van die diere wat hy gevang het nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die volk Israel is soos ’n magtige leeu wat nie gaan lê totdat hy sy prooi verskeur en kant en klaar opgevreet het nie.” |