Numbers 23:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het geen ongeregtigheid in Jakob gesien nie, en in Israel het hy geen bedrog gesien nie; die HERE sy God is met hom, en die geskreeu van 'n koning is onder hulle. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het vir Jakob nie teëspoed in gedagte nie. Hy het nie moeilikheid in die vooruitsig vir Israel nie. Die Here sy God is by hulle. Hy is koning oor hulle. |
| Afrikaans 1933/1953 | 'n Mens aanskou geen ongeregtigheid in Jakob en sien geen onheil in Israel nie. Die HERE sy God is met hom, en die gejubel tot eer van die Koning is by hom. |
| Afrikaans 1983 | Jy sal nie vind dat 'n ramp vir Jakob tref nie, jy sal Israel nie sien swaarkry nie: die Here hulle God is by hulle; oor Hom, hulle koning, jubel hulle. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Onheil is nie in sig vir Jakob nie, en teenspoed is nie in die vooruitsig vir Israel nie. Die Here sy God is by hom, die gejubel oor 'n Koning klink in hom op. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het nie besluit dat dit sleg sal gaan met die Israeliete nie, en Hy het ook nie besluit dat hulle sal swaarkry nie. Hulle God die Here is by hulle, hulle juig oor Hom, hulle Koning. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “G’n teëspoed sal Jakob tref nie; Israel sal nie swaarkry nie, want die Here hulle God is by hulle. Hulle is baie opgewonde omdat Hy hulle koning is. |