Numbers 23:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) God is nie 'n mens dat Hy sou lieg nie; ook nie die mensekind, dat hy hom sou bekeer nie; het hy gesê en sal hy dit nie doen nie? of het hy gespreek en sal hy dit nie goedmaak nie?
Afrikaans (NLV) 2011 God is nie ’n mens dat Hy sal lieg nie. Hy is nie ’n mens wat ‘ekskuus’ sal sê nie. Het Hy al ooit iets gesê wat Hy nie gedoen het nie? Het Hy iets belowe wat Hy nie nagekom het nie?
Afrikaans 1933/1953 God is geen man dat Hy sou lieg nie; of 'n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie?
Afrikaans 1983 God is nie 'n mens dat Hy sou lieg nie, 'n mens dat Hy van gedagte sou verander nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, iets belowe en dit nie uitvoer nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) God is nie 'n man, dat Hy sou lieg nie, en nie 'n mensekind, dat Hy van plan sou verander nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, sou Hy praat en dit nie gestand doen nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) God is nie 'n mens nie, Hy lieg nie, Hy is nie soos 'n mens nie, Hy verander nie wat Hy besluit het nie. Wanneer Hy iets belowe het, dan doen Hy dit. Wanneer hy gepraat het, dan laat Hy dit gebeur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) God is nie ’n mens nie, daarom lieg Hy nie. Hy gaan nooit terug op sy woord nie. Dink jy God belowe iets en doen dit nie? Het Hy al ooit iets gesê en nie sy woord gehou nie?