Numbers 23:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hy by hom kom, kyk, hy staan by sy brandoffer, en die vorste van Moab saam met hom. En Balak sê vir hom: Wat het die HERE gespreek?
Afrikaans (NLV) 2011 Hy is toe terug na Balak toe. Hy het saam met sy amptenare by sy brandoffer gestaan. “Wat sê die Here?” het Balak vir hom gevra.
Afrikaans 1933/1953 En hy het by hom gekom terwyl hy daar staan by sy brandoffer, en die vorste van Moab by hom. En Balak sê vir hom: Wat het die HERE gespreek?
Afrikaans 1983 Bileam het toe by Balak gekom waar hy en die amptenare van Moab by die brandoffer staan. Balak vra hom toe: “Wat het die Here gesê?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe hy by Balak kom, staan hy nog daar by sy brandoffer, met die hoë amptenare van Moab by hom. Balak vra hom: “Wat het die Here gesê?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Bileam terugkom by Balak, het Balak nog by sy brand-offer gestaan, hy en die amptenare van Moab. Balak het vir Bileam gevra: “Wat het die Here gesê?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Bileam terugkom, het Balak en die amptenare van Moab nog steeds by die brandoffers gestaan. Balak wou toe by hom weet: “Wat het die Here gesê?”