Numbers 23:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het hom in die veld van Sofim gebring, op die top van Pisga, en sewe altare gebou en 'n bul en 'n ram op elke altaar geoffer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het hom na die top van die Pisgaberg in die vlakte van Sofim toe gevat. Daar het hy sewe altare gebou. Op elkeen het hy ’n bul en ’n ram geoffer. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het hom saamgeneem na die Veld van die Wagte, op die top van Pisga, en sewe altare gebou en 'n bul en 'n ram op elke altaar geoffer. |
| Afrikaans 1983 | Balak vat hom toe na 'n uitkykpos op die top van Pisgaberg. Daar bou hy sewe altare en offer op elke altaar 'n bul en 'n ram. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy neem hom toe na die oop stuk grond van Sofim, op die kruin van Pisga. Hy het sewe altare gebou en 'n bul en 'n ram op elke altaar geoffer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Balak het toe vir Bileam na 'n plek bo-op Pisga-berg geneem, hulle kon van daar ver sien. Hy bou toe daar sewe altare en hy offer op elke altaar 'n bul en 'n skaap-ram. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle is toe na die vallei van Sophim toe tot op die top van die berg Pisga. Daar het Balak weer sewe altare gebou en ’n bul en ’n ram op elkeen geoffer. |