Numbers 23:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Balak vir hom: Kom tog saam met my na 'n ander plek vanwaar jy hulle kan sien; jy sal maar die uiterste daarvan sien en hulle nie almal sien nie; en vervloek hulle daarvandaan vir my.
Afrikaans (NLV) 2011 Balak sê toe vir hom: “Kom saam met my na ’n ander plek toe. Jy sal van daar af ’n deel van die Israeliete kan sien. Vervloek hulle vir my van daar af.”
Afrikaans 1933/1953 Daarop sê Balak vir hom: Kom tog saam met my na 'n ander plek vanwaar jy hom kan sien -- net sy kant sal jy sien, maar heeltemal kan jy hom nie sien nie -- en vervloek hom daarvandaan vir my.
Afrikaans 1983 Toe sê Balak vir Bileam: “Kom saam met my na 'n ander plek toe. Van daar af sal jy net 'n deel van hulle kan sien, nie almal nie. Vervloek hulle vir my van daar af!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe sê Balak vir hom: “Kom asseblief saam met my na 'n ander plek, waarvandaan jy slegs 'n deel van hulle sal sien. Die hele volk sal jy nie kan sien nie. Vervloek hulle dan vir my daarvandaan.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Balak sê toe vir Bileam: “Kom asseblief saam met my na 'n ander plek. Jy sal van daar net party van hulle tente sien, jy sal hulle nie almal sien nie. Jy moet hulle vir my vervloek van daardie plek af.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe sê Balak vir Bileam: “Kom saam met my na ’n ander plek toe waarvandaan jy net ’n deel van die Israeliete kan sien. Van daar af kan jy hulle dan vir my vervloek.”