Numbers 23:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarop sê Balak vir Bíleam: Wat het jy my aangedoen? Ek het jou geneem om my vyande te vervloek, en kyk, jy het hulle heeltemal geseën. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Balak vra toe vir Bileam: “Wat maak jy met my? Ek het jou gebring om my vyand te vervloek, maar jy staan en seën hulle!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê Balak vir B¡leam: Wat het jy my aangedoen? Ek het jou laat haal om my vyande te vloek, en kyk, jy het net geseën! |
| Afrikaans 1983 | Toe sê Balak vir Bileam: “Wat het jy my nou aangedoen? Ek laat jou kom om my vyande te vervloek, en jy kom seën hulle!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Balak het vir Bileam gesê: “Wat het jy my aangedoen? Om my vyande te vervloek, is waarvoor ek jou laat haal het; maar kyk, jy seën net.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Balak het vir Bileam gesê: “Wat het jy nou aan my gedoen? Ek het jou laat kom om my vyande te vervloek, maar jy het hulle nou geseën!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe vra Balak vir Bileam: “Wat het jy aangevang? Ek het jou hiernatoe laat kom om my vyande te vervloek, en nou kom jy en jy wens hulle voorspoed toe!” |