Numbers 22:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê vir hulle: Bly vannag hier oor, en ek sal julle boodskap bring soos die HERE met my spreek; en die vorste van Moab het by Bíleam gebly. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het vir hulle gesê: “Bly vannag hier oor. Ek sal vir julle môre sê wat die Here sê.” Hulle het toe by hom oornag. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop antwoord hy hulle: Bly vannag hier oor; dan sal ek julle berig bring soos die HERE aan my sal sê. Toe het die vorste van Moab by B¡leam gebly. |
| Afrikaans 1983 | Bileam sê toe vir hulle: “Bly vannag oor, dan sê ek môre vir julle wat die Here vir my sal sê.” Die amptenare van Moab het toe by Bileam oornag. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het vir hulle gesê: “Bly vannag hier oor, dan gee ek vir julle die antwoord wat die Here my sal meedeel.” Die •hoë amptenare van Moab het toe by Bileam oorgebly. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Bileam het vir hulle gesê: “Julle moet vannag hier slaap, dan sal ek môre vir julle sê wat die Here vir my sê.” Die amptenare van Moab het toe daar by Bileam gebly. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy sê toe vir hulle: “Bly vannag hier oor, dan sal ek môre vir julle sê wat die Here vir my gesê het.” Die leiers uit Moab het toe daar by Bileam oorgeslaap. |