Numbers 22:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die oudstes van Moab en die oudstes van Mídian het vertrek met die beloning van waarsêery in hulle hand; en hulle het by Bíleam gekom en die woorde van Balak aan hom gespreek.
Afrikaans (NLV) 2011 Die leiers van Moab en die leiers van Midian is toe daar weg met geld vir ’n voorspelling. Hulle het by Bileam gekom en Balak se woorde aan hom oorgedra.
Afrikaans 1933/1953 Toe het die oudstes van Moab en die oudstes van M¡dian gegaan met waarsêersloon by hulle en by B¡leam gekom en hom die woorde van Balak meegedeel.
Afrikaans 1983 Die leiers van Moab en Midian het die beloning wat aan 'n waarsêer betaal moet word, saamgevat na Bileam toe en Balak se versoek aan hom oorgedra.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die oudstes van Moab en Midian het toe vertrek met die betaling vir waarsêery by hulle. Toe hulle by Bileam kom, het hulle Balak se woorde aan hom oorgedra.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die leiers van die Moabiete en die Midianiete het gegaan en hulle het die beloning saamgeneem wat waarsêers moet kry. Toe hulle by Bileam kom, het hulle vir hom gesê wat Balak gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die klompie leiers uit Moab en Midian wat as Balak se boodskappers opgetree het, is toe daar weg met die geld wat hulle vir Bileam sou gaan aanbied om te doen wat Balak vra. By Bileam aangekom, het hulle vir hom die situasie geskets.