Numbers 22:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kom dan tog, vervloek hierdie volk vir my; want hulle is te sterk vir my; miskien sal ek oorwin, dat ons hulle kan verslaan en hulle uit die land kan verdryf; want ek weet dat hy wat jy seën geseën is, en hy wat jy vervloek, is vervloek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Kom tog en vervloek hierdie volk vir my. Hulle is sterker as ek. Miskien kan ek hulle dan oorwin en uit die land verdryf. Ek weet as jy iemand seën, is hulle geseën en as jy hulle vervloek, is hulle vervloek.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Kom dan tog nou, vervloek hierdie volk vir my, want hulle is magtiger as ek. Miskien sal ek onder hulle 'n slag kan slaan en hulle uit die land verdrywe. Want ek weet, die een wat jy seën, is geseënd; en die een wat jy vervloek, is vervloek. |
| Afrikaans 1983 | Kom asseblief en vervloek hierdie volk vir my, want hulle is te sterk vir my. Miskien sal ek hulle dan kan verslaan en uit die land verdryf. Ek weet: wie jy seën, is geseën, en wie jy vervloek, is vervloek.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kom asseblief dan nou en vervloek vir my hierdie volk, want hulle is te sterk vir my. Miskien is ek dan in staat om hulle te verslaan, sodat ek hulle uit die land kan verjaag. Ek weet immers dat dié wat jy seën, geseënd is, en dié wat jy vervloek, vervloek is.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet asseblief kom en jy moet hulle vervloek, want hulle is te sterk vir ons. Miskien sal ons hulle dan kan oorwin en hulle uit die land jaag. Ek weet dat wanneer jy iemand seën, dan gaan dit goed met hom, en wanneer jy iemand vervloek, dan gaan dit sleg met hom.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle is te veel vir ons om baas te raak. Kom help my, asseblief! Ek wil hê jy moet ’n vloek op hulle kom sit; miskien sal ons hulle dan kan baasraak en uit ons land uit wegjaag. Ek weet mos as jy met jou buitengewone kragte mense seën, gaan dit regtig goed met hulle. Maar as jy mense vervloek, tref slegte dinge hulle beslis ook.” |