Numbers 22:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy het dan boodskappers gestuur na Bíleam, die seun van Beor, na Petor, wat by die rivier van die land van die kinders van sy volk is, om hom te roep en te sê: Kyk, daar het 'n volk uit Egipte uitgetrek; kyk, hulle bedek die aangesig van die aarde, en hulle bly teenoor My.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het boodskappers na Bileam, die seun van Beor, gestuur. Bileam het by Petor langs die Eufraatrivier gebly in die land waarvandaan Balak kom. Hy het hom laat roep: “’n Volk het uit Egipte getrek. Hulle maak die hele aarde vol. Hulle het hulle reg teenoor my kom vestig.
Afrikaans 1933/1953 Daarop het hy boodskappers gestuur na B¡leam, die seun van Beor, in Petor wat by die Eufraat is, in die land van die kinders van sy volk, om hom te roep en te sê: Kyk, daar het 'n volk uit Egipte getrek; kyk, hulle het die oppervlakte van die land oordek en staan gelaer teenoor my.
Afrikaans 1983 en hy het boodskappers gestuur om vir Bileam seun van Beor te laat haal. Hy was in Petor aan die Eufraat in die land Ammau. Balak het hom laat weet: “'n Volk wat uit Egipte kom, het hier by my kom intrek. Die aarde is tóé onder hulle.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het boodskappers gestuur na Bileam, seun van Beor, in Petor aan die Rivier, die gebied van sy volksgenote, om hom te ontbied met die woorde: “Kyk, 'n volk het uit Egipte gekom. Die aarde is toe onder hulle en hulle is besig om hulle hier reg teenoor my te vestig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het boodskappers gestuur en vir Bileam seun van Beor laat roep in die stad Petor, in die land Ammau naby die Eufraat-rivier. Hy het gesê die boodskappers moet vir Bileam sê: “Hier het 'n volk uit die land Egipte gekom. Hulle is baie, hulle is oral in die hele land en hulle woon nou hier naby ons.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) het toe boodskappers na Bileam die seun van Beor toe gestuur. Bileam was in Petor naby die Eufraatrivier in die land Ammau. Balak het vir hom laat weet: “Hier het nou net ’n hele volk uit Egipte uit aangekom, en oral waar hulle kom, vat hulle oor. Hulle het hulle nou hier op my voorstoep kom tuismaak.